MTHATHA. – Die verhoor van die agt verdagtes in die Lusikisiki-massaskietery begin vandag in die hooggeregshof in Mtatha.
Lees ook: Lusikisiki-massaskieterysaak tot Februarie uitgestel
Die verdagtes word aangekla van moord en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie. Hulle is in hegtenis geneem na 18 mense verlede jaar in September in twee huise in Lusikisiki doodgeskiet is.
Die meeste van die slagoffers was vroue. Hulle was op pad na die grafte van nog twee vroulike familielede wat vroeër in 2024 doodgeskiet is.
Bronne: eNCA, X
Lees ook: Lusikisiki-massaskieterysaak tot Februarie uitgestel





