Verdagtes met onwettige vuurwapens in Koffiebaai vasgetrek

Lees ook :

Foto's: SAPD

OOS-KAAP. – Twee verdagtes, onderskeidelik 50 en 23 jaar oud, is Maandag deur die Koffiebaai- sigbare polisiëringsbeamptes en berede eenheid in die digte kuswoude van Bonga, Koffiebaai, met drie onwettige vuurwapens in hegtenis geneem.

Luidens ‘n verklaring van kapt. Welile Matyolo, provinsiale polisiewoordvoerder, is die verdagtes Maandag in hegtenis geneem tydens ‘n operasie om gewelddadige misdaad en die verspreiding van onwettige vuurwapens in die distrik te beveg. Polisiebeamptes het die ruwe terrein langs die kuslyn te perd gepatrolleer en ‘n verdagte met twee onwettige 9 mm-Norico-pistole aangekeer. Die reeksnommer van een van die pistole, nie gelaai nie, is afgevyl, terwyl die tweede ’n sigbare reeksnommer gehad het en met ammunisie gelaai was.

Voorlopige toetse het getoon een van die pistole behoort aan ’n man (50) van Koffiebaai. Die vuurwapen is nooit as gesteel aangemeld nie en Matyolo sê dit laat kommer oor die nakoming van vuurwapenbesitregulasies ontstaan. Die tweede verdagte is met ‘n Glock 9 mm-pistool, waarvan die reeksnommer ook afgevyl is, asook lewendige ammunisie, aangetref.

Beide verdagtes is op die toneel is in hegtenis geneem en het Dinsdag op aanklag van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie in die Mqanduli-landdroshof voorgekom. Die polisie het aangedui dat bykomende klagtes moontlik volg, aangesien die twee glo met ’n onlangse rooftog in die Ngqeleni-omgewing verbind word.

Lees ook hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief