Verdagtes met vermoedelik gesteelde bankkaarte vasgetrek

Lees ook :

Foto: SAPD

MPUMALANGA. – Vier verdagtes met 68 bankkaarte wat vermoedelik gesteel is, is Dinsdag 19 November op die N4 in Belfast vasgetrek.

Kapt. Magonseni Nkosi sê die verdagtes is tydens ‘n operasie deur misdaadintelligensie, Witbank (Emalahleni) se taktiese reaksie-eenheid (TRT), Middelburg-blitspatrollie en ‘n opsporingsmaatskappy in hegtenis geneem na inligting ontvang en opgevolg is. Die inligting was dat bankkaarte glo in ‘n huis in Siyancoba in Witbank gehou word.

Polisiebeamptes het die voertuig agtervolg toe die verdagtes, vermoedelik met die gesteelde bankkaarte, die oggend om 06:00 van die huis wegry. Dit is in Belfast, onderweg na Nelspruit (Mbombela), voorgekeer. Die voertuig is deursoek en die bankkaarte is ontdek. Die verdagtes kon nie ‘n verduideliking van magtiging om in besit van die bankkaarte te wees, verskaf nie en is in hegtenis geneem.

Hulle sal vir die besit van vermoedelik gesteelde bankkaarte in die Belfast-landdroshof voorkom.

Nkosi sê daar bestaan ‘n moontlikheid dat meer aanklagte teen die verdagtes bygevoeg sal word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief