Verdagtes vas ná rooftog en opblaas van OTM’e in Dimbaza

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – ’n Verdagte (53) is in hegtenis geneem nadat die Yeyetu-supermark in Dimbaza Vrydagoggend vroeg beroof en vier OTM’e opgeblaas is. Die polisie het ‘n voertuig, plofstof en ’n onbekende bedrag kontant herwin. Vier Ethiopiese burgers wat in die winkel geslaap het, is nie beseer nie.

Brig. Nobuntu Gantana, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring verskeie gewapende verdagtes was by die misdaad betrokke. Terwyl die polisie die toneel ondersoek het, is ’n tweede voorval naby die Rhayi-gebied op die N2 in die rigting van Makhanda aangemeld. Lede van Mdantsane-hoofwegpatrollie en die Qonce-blitspatrollie het ‘n verdagte op die tweede toneel in hegtenis geneem. Daar is beslag gelê op plofstof, kontant wat met veiligheidsink gevlek is, asook ‘n blou Toyota RunX.

Nog ’n verdagte is later met gevlekte banknote wat vermoedelik gesteel is, in Komani in hegtenis geneem. Die verdagte was ten tyde van sy inhegtenisneming op pad na Johannesburg.

In ’n verwante voorval is ’n rooi Volkswagen Polo, wat vermoedelik deur die verdagtes gebruik is, naby Tamara, ná ‘n ongeluk, verlate gevind. Die verdagtes het te voet gevlug.

Die verdagtes in aanhouding word deur aanklagte van sakeroof, oortreding van die plofstofwet, poging tot moord en roof met ’n vuurwapen in die gesig gestaar. Verdere inhegtenisnemings is nie uitgesluit namate die ondersoek voortduur nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief