GAUTENG. – Twee verdagtes, onderskeidelik 17 en 19 jaar oud, is vandag (Donderdag) op aanklagte van moord in hegtenis geneem. ‘n Leerling (19) is glo Dinsdag deur ‘n mede-leerling met ‘n skerp voorwerp gesteek, waarna hy gesterf het.
Lt.kol. Mavela Masondo bevestig aan Nuusflits die twee verdagtes sal na verwagting Vrydag in die Bronkhorstspruit-landdroshof verskyn.
‘n Gr. 11-leerling van Hoërskool Lesedi is Dinsdag buite die skool doodgesteek, glo deur ‘n mede-leerling in gr. 12. Die skool is in Lethabong, ‘n informele nedersetting in Donkerhoek in die ooste van Pretoria geleë.
Lees meer hier onder:
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





