LIMPOPO. – Pfundzo Eddie Ramafamba (33), ‘n verhoorafwagtende, het Dinsdagoggend by die Thohoyandou-landdroshof ontsnap.
Kol. Malesela Ledwaba sê Ramafamba moes op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer en intimidasie in die hof verskyn, toe hy ontsnap het.
Thohoyandou-polisie het hulle soektog na Ramafamba verskerp en ondersoek die omstandighede van sy ontsnapping.
Enigiemand wat weet waar Ramafamba hom bevind, word gevra om kapt. Eddie Mawela by 082 414 7763 te bel.