Verkeersbeampte vir ‘korrupsie’ in hof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – ‘n Verkeersbeampte (31) gaan as die verdagte in ‘n korrupsiesaak in die Westonarea-landdroshof verskyn.

AO Wendy Nkabi sê die verdagte is op 6 Mei deur die Valke van die Wes-Rand in hegtenis geneem.

Die inhegtenisneming spruit uit ‘n wenk wat ontvang is oor korrupte bedrywighede deur verskeie wetstoepassingsowerhede.

‘n Geheime operasie met agente wat betaal en toeslaan is geloods. Die inhegtenisneming het op die hoek van die N12- en R28-interseksie gebeur. ‘n Agent is deur die verdagte gestop en R100 is glo vir ‘n nommerplaat wat nie aan die voorkant van die motorvoertuig aangebring is nie, geëis.

Die agent het terugvoering gegee en die verdagte saam met die Valke uitgewys.

Die verdagte verkeersbeampte het probeer om te vlug, maar is agternagesit en vasgetrek. ‘n Dagvaardiging om in die hof te verskyn, ‘n J175, is aan hom uitgereik

Die verdagte sal op 16 Januarie 2024 die eerte keer in die hof verskyn.

Bron: SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief