Die kragvoorsiener Eskom waarsku politieke partye tydens die laaste paar weke van verkiesingsveldtogte dat die aanbring van plakkate op kragstrukture onwettig is.
Volgens Eskom het dit al in die verlede gebeur dat diegene wat plakkate opgesit het, doodgeskok is.
Kragstrukture sluit elektriese pale, torings, meterbokse en mini-substasies in. Eskom beklemtoon seksie 19 (5) van die elektriese masjinerie-regulasies wat uitlig dat net goedgekeurde personeel aan die strukture mag vat of daarop mag klim.
“Eskom cares about your safety and we request you to refrain from attaching posters to electrical structures to prevent injury or loss of lives.”
Bron: Eskom
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: