Vermeende dwelmmuil vanaf Brasilië op lughawe onderskep

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – ‘n Brasiliaanse vrou (44) is Donderdag vanaf Sao Paulo met kokaïen ter waarde van ongeveer R1.9 m. op OR Tambo Internasionale Lughawe onderskep.

Brig. Athlenda Mathe sê die vermeende dwelmmuil het om 13:00 uit ‘n vliegtuig gestap en is met die kokaïen, om haar lyf gedraai, onderskep. Die buitelander is op aanklag van dwelmhandel gearresteer en sal binnekort in die Kempton Park-landdroshof verskyn.

Dit is die tweede Brasiliaanse burger wat sedert Sondag met dwelms om hulle lywe op Ortia gearresteer is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief