WES-KAAP. – ’n 44-jarige man wat deur die polisie as ’n vermeende huurmoordenaar beskryf word, is in hegtenis geneem in verband met die moord op Aubrey Tsengwa, voormalige uitvoerende burgemeester van Knysna.
AO Christopher Spies, polisiewoordvoerder, sê die ondersoek deur die politieke moorde-ondersoekspan (PKTT) het die span na Peddie in die Oos-Kaap gelei. Die verdagte is Vrydag tydens ’n operasie daar in hegtenis geneem. Tsengwa is op 19 Augustus 2026 in Knysna doodgeskiet terwyl hy in sy motor gesit het. Drie ander mense was saam met hom in die voertuig en het die aanval oorleef.
Die verdagte is in polisiebewaring en sal na verwagting vandag op aanklag van moord en drie aanklagte van poging tot moord in die Knysna-landdroshof voorkom.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: