Vermiste 12-jarige se liggaam gekry, verdagte in aanhouding

Lees ook :

Foto: SAPD

OOS-KAAP. – Lithaliyanda Ntoni (12) van Luziphostraat, NU10, Motherwell, wat Dinsdag as vermis aangemeld is, se liggaam is vanoggend omstreeks 02:10 in bosse naby Khabonqabastraat, NU6, Motherwell, gevind. ‘n Verdagte (39) is op aanklagte van ontvoering en moord in hegtenis geneem.

Brig. Nobuntu Gantana, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits Ntoni is Dinsdagmiddag na ‘n nabygeleë winkel toe en het nie teruggekeer huis toe nie. Genl.maj. Thandiswa Kupiso, die waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het die vinnige inhegtenisneming verwelkom, maar sê die wrede aard van Ntoni se dood het die polisie en gemeenskap diep geskok: “Ons het volle vertroue in ons ondersoekspan en die Nasionale Vervolgingsgesag om geregtigheid vir Lithaliyanda en haar familie te verseker.”

Die ondersoek duur voort.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief