Vermiste kleuter lewend in sloot gevind

Lees ook :

Foto: SAPD

MPUMALANGA. – Nkosingiphile (Ndwane) Ntiwane (3), wat op 20 Julie as vermis aangemeld is, is Vrydag omstreeks 15:00 lewend gevind. Die kleuter is ‘n paar meter van sy huis af in ‘n sloot in Mshadza Trust by Masoyi aangetref.

Brig. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die kleuter is deur gemeenskapslede gevind wat met die soektog gehelp het. Die kleuter, wat swak en moontlik gedehidreer was, het mediese behandeling ontvang. Dit is nog nie duidelik hoe hy in die sloot beland het nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

2 Responses

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief