Vervalste tabakprodukte van R2 m. gekonfiskeer

Lees ook :

Foto: SAPD

NOORD-KAAP. – Vervalste tabakprodukte ter waarde van R2 m. is Maandag op Groblershoop gekonfiskeer.

Sers. Timothy Sam sê die Upington-grenspolisie, hoofwegpatrollie, departement van binnelandse sake en die SAID was by die klopjag op twee pakhuise betrokke.

Inligting oor vervalste sigarette en tabakprodukte by die pakhuise is opgevolg. Kartonne sigarette en Afzal-tabak met ‘n geskatte straatwaarde van R2 m. is gekonfiskeer. ‘n Navraag is geopen en die eienaars is met kennisgewings bedien om oorspronklike aankoop-dokumente te verskaf.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief