Vervalste tabakprodukte van R2 m. gekonfiskeer

Lees ook :

Foto: SAPD

NOORD-KAAP. – Vervalste tabakprodukte ter waarde van R2 m. is Maandag op Groblershoop gekonfiskeer.

Sers. Timothy Sam sê die Upington-grenspolisie, hoofwegpatrollie, departement van binnelandse sake en die SAID was by die klopjag op twee pakhuise betrokke.

Inligting oor vervalste sigarette en tabakprodukte by die pakhuise is opgevolg. Kartonne sigarette en Afzal-tabak met ‘n geskatte straatwaarde van R2 m. is gekonfiskeer. ‘n Navraag is geopen en die eienaars is met kennisgewings bedien om oorspronklike aankoop-dokumente te verskaf.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief