Vies inwoners brand sewe klaskamers af

Lees ook :

Vies inwoners brand sewe klaskamers af. Foto: NW DBE

TOSCA, NOORDWES. – Sewe klaskamers is deur ontevrede inwoners by die Primêre Skool Tosca afgebrand.

Onrus het tussen die inwoners en die departement van onderwys uitgebreek nadat drie klaskamers verlede Dinsdag afgesper is omdat dit glo nie aan die nodige veiligheidsvereistes voldoen het nie.

Nadat inwoners Vrydag probeer het om die skool te sluit, het hulle die klaskamers binnegegaan en dit aan die brand gesteek. Al die klasse het meubels en handboeke ingehad.

Viola Motsumi, LUR vir onderwys, het die voorval veroordeel. Volgens haar is die meeste van die leerlinge se skoolrekords in die brand vernietig.

Die departement het Maandag belowe om binnekort tydelike klaskamers aan die skool beskikbaar te stel.

Bronne: IOL, Times Live

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief