GAUTENG. – Die vlieënier van ‘n ligte vliegtuig het gesterf toe dit Saterdagmiddag in die Boschkopgebied in Pretoria geval het.
VEMRU (Volunteer Emergency Medical Response Unit) sê dié diens is net na 16:00 na die toneel van ‘n vliegongeluk ontbied waar die wrak van ‘n klein eensitplek-vliegtuig in ‘n veld aangetref is. Die vlieënier het noodlottige beserings opgedoen en is dood verklaar.
Die toneel is aan die burgerlugvaartowerheid en die polisie oorhandig om die ongeluk te ondersoek.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





