Voertuig vat glo vlam nadat dit werkswinkel verlaat

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ’n Wit Renault Kwid het Saterdag in Umhlanga Rocks-rylaan, Umhlanga, vlam gevat – glo kort nadat dit van herstelwerk uit ’n werkswinkel afgehaal is.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê toe hulle beamptes op die toneel aankom, was brandbestryders reeds besig om die brand te blus. Die voertuig is deur die eienaar ná herstel afgehaal en dit het onderweg na ‘n nabygeleë winkelsentrum onverwags vlam gevat.

Rusa sê die voertuig het groot skade opgedoen.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief