GAUTENG. – Altesaam 15 voetgangers wat die N4-snelweg by Solomon Mahlangu-rylaan in die ooste van Pretoria oorgesteek het, is gister (Woensdag) in hegtenis geneem.
Volgens ‘n sosialemediaplasing is hierdie 15 voetgangers deur die metropolisie (TMPD) in Streek 6, saam met die voetgangereenheid vir die oortreding “voetganger-bron van gevaar” in hegtenis geneem.
Die kruis van snelweë is ’n strafbare oortreding en hou ernstige gevolge in. Die TMPD doen ’n beroep op alle inwoners om saam te werk om ’n veiliger padomgewing vir almal te skep.





