Vonnis vir man wat vrou se kêrel doodmaak

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Sehlabo Makhakhe (33) is vir die moord op sy vrou se kêrel (31) op 14 Augustus 2023 deur die Odendaalsrus-streekshof tot 15 jaar direkte tronkstraf gevonnis.

Sers. Mahlomola Kareli sê op die betrokke dag het die polisie omstreeks 20:22 op ‘n klagte van ‘n bakleiery by ‘n huis in Kutlwanong reageer. Tekens van ‘n struweling en ‘n plas bloed is gevind.

Makhakhe is na die huis waar sy vrou saam met die oorledene op die gras gesit het. Hy het sonder ‘n woord die oorledene aangeval en herhaaldelik met ‘n mes in die bolyf gesteek. Die oorledene het probeer vlug en tot in die bure se erf gevorder. Die bure het met hom na die hospitaal gehaas, maar hy is met aankoms dood verklaar. Die moordwapen is op die toneel gevind.

‘n Moordsaak is geopen en die verdagte is nog dieselfde aand deur speur.sers. Andries Leshoro in ‘n huis waar hy weggekruip het in hegtenis geneem en vir moord aangehou.

Makhakhe is deur die hof aan moord skuldig bevind.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief