Vonnisoplegging in Emaan Solomons-moordsaak binnekort

Lees ook :

Foto: Op lêer

WES-KAAP. – Eben Basson en Chivargo Fredericks van die JFK-bende wat vir die moord op Emaan Solomons (7) skuldig bevind is, se vonnisoplegging is tot 30 April in die hooggeregshof uitgestel.

Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die NVG, sê in die staat se saak teen Eben Basson en Chivargo Fredericks is hulle nie net aan moord skuldig bevind nie, maar ook op die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie.

Die tragiese dood van die jong dogtertjie het landwyd opslae gemaak. Emaan en haar vriende het, soos wat die gewoonte was, naby haar huis in Librastraat, wat doodloop, bal gespeel. Volwassenes het daar naby in ‘n voertuig gesit toe skote afgevuur is. Emaan, haar maats en die volwassenes het in verskillende rigtings vir veiligheid gehardloop. Die jong meisie het in haar erf se voortuin, ‘n paar meter van die voordeur, inmekaargesak. Haar ma het haar met ‘n koeël in die rug, wat deur is na haar bors, aangetref. Daar is met haar na ‘n hospitaal gehaas, maar sy is met aankoms dood verklaar.

Lees meer hier onder:

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief