Het jy geweet daar is tuismiddels vir sonbrand wat jy moontlik reeds in jou kruidenierskas het? Met die warm somermaande en feesseisoen om die draai, wanneer almal meer tyd in die son deurbring, is sonbrand amper gewaarborg.
Hier is vyf natuurlike middels wat vir sonbrand kan help.
Aalwyn (Aloe Vera)
Sny die aalwynblaar met ’n mes en laat die jel daaruit vloei. Smeer die jel op die sonverbrande areas en laat jou vel dit absorbeer. Die jel sal jou vel streel wanneer dit geabsorbeer is.
Aartappels
Sny die aartappel in skywe en vryf dit liggies op die sonverbrande areas. Jy kan ook van die aartappelskywe maal om ’n pasta te vorm wat jy ook op die areas kan smeer. Laat dit heeltemal droog word voor jy dit afspoel.
GENIET JY NUUS IN AFRIKAANS? Lees dan nog berigte in Afrikaans hier.
Komkommer
Sny ‘n komkommer in skywe en maal dan in ‘n menger om ‘n pasta te vorm. Wend die komkommer op die sonverbrande areas aan en los dit vir 20 minute, totdat die pasta droog word. Was die pasta van die geaffekteerde areas af met koel water.
Jogurt
Smeer gewone jogurt direk op die sonverbrande areas en los dit aan totdat dit ‘n gevoel van gemak gee. Was die jogurt af na 5-10 minute.
Heuning
Neem ‘n voldoende hoeveelheid heuning en smeer dit in dun lagies op die geaffekteerde areas om sonbrand te voorkom. Laat dit vir ’n uur droog word voordat dit met koel water afgewas word. Jy kan hierdie proses twee tot drie keer per dag herhaal totdat die sonverbrande areas beter voel.
Bron: Pinterest (Right to Know)
Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels in Afrikaans hier.





