KWAZULU-NATAL. – Michael Buthelezi, ‘n voormalige proporsionele raadslid van die DA, is skuldig bevind aan moord op sy lewensmaat en drie kinders. Hy is Vrydag deur die Ladysmith-streekhof tot vier keer lewenslank en 15 jaar bykomend vir twee aanklagte van regsverydeling en brandstigting gevonnis.
Kol. Robert Netshiunda, nasionale polisiewoordvoerder, sê Buthelezi het in Oktober 2023 het Buthelezi sy lewensmaat Khombisile Nyoka (41), Lubanzi Buthelezi (12) Zigizemdoda Buthelezi (9) en Sibingele Butheleze (2) lewend in hul tweeslaapkamerhuis in Bergville verbrand het. Buthelezi self het die brand met geringe brandwonde oorleef en het aanvanklik beweer hy is weens sy standpunt teen korrupsie aangeval. Die taakspan vir politieke moorde het die ondersoek oorgeneem. Buthelezi het later beweer dat sy lewensmaat se voormalige kêrel ’n bom in die huis gegooi het. Die polisie se ondersoek het egter aan die lig gebring dat Buthelezi alleen vir die moorde verantwoordelik is. Oorweldigende bewyse het die hof oortuig om die maksimum straf op te lê.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





