Voormalige FNB-werknemer kry tronkstraf vir diefstal van bejaarde boer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Leonie Stella Stiemie (54), ’n voormalige takadministrateur van FNB-Kirkwood,is in die Gqeberha- gespesialiseerde-handelsmisdaadhof effektief tot ses jaar tronkstraf gevonnis. Dit volg op twee aanklagte van diefstal waartydens Andries David Renken (87) van Kirkwood uit ‘n groot som geld bedrieg is.

Luxolo Tyali, NVG-woordvoerder, sê in ‘n verklaring die hof het verder beveel Stiemie moet R270 000 aan First Rand Limited terugbetaal. Stiemie is skuldig bevind aan die diefstal van R400 000 uit Renken se aktekis (deeds box) en ’n verdere R420 000 uit dieselfde kliënt se bankrekening. Die slagoffer is tydens die lang verhoor, wat deur verskeie vertragings gekenmerk is, oorlede. Dit sluit ook die afsterwe van die handskrifdeskundige in die saak in.

Tussen 2011 en Februarie 2015 het Renken R400 000 in kontant aan Stiemie vir bewaring in die bank toevertrou. Teenstrydig met voorgeskrewe prosedure het hy nooit sleutels of ’n bewaringsooreenkoms ontvang nie. Toe hy in 2014 navraag doen oor die geld, het Stiemie valslik beweer dat sy die helfte namens hom belê het. Ná haar uitdienstreding in 2015 het sy Renken by sy huis besoek en aanvanklik beweer die geld is tydens ’n roof gesteel, maar dit is later weerlê. Sy het uiteindelik erken dat sy die geld geneem het en aangebied om dit in paaiemente van R666 per maand terug te betaal. Renken het die aanbod geweier en sy het slegs R21 000 terugbetaal. ’n Vervalsde depositostrokie, wat met handskrifontleding aan haar verbind is, is ook ontdek.

Die hof het Renken se getuienis as geloofwaardig aanvaar en Stiemie se weergawe verwerp. Stiemie is boonop onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit en ’n lasbrief vir die beslaglegging van alle vuurwapens, ammunisie en permitte in haar besit is toegestaan.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief