Voormalige kleuterskoolonderwyseres erken sy het kleuter verdrink

Lees ook :

Foto: Justice for Nada-Jane Challita

GAUTENG. – Amber Lee Hughes (25), ‘n voormalige kleuterskoolonderwyseres, het skuld vir die moord op Nada-Jane Challita, die vierjarige dogter van haar kêrel, in die Johannesburg-hooggeregshof beken. Hughes het erken sy het die kleuter ná ‘n rusie met haar pa verdrink.

Phindi Mjonondwane, NVG-woordvoerder, sê in ‘n verklaring Hughes is vir twee verkragtings en moord aangekla. Hughes het aanvullende bekentenisse ingedien nadat die meriete van die saak reeds volledig deur die staat en verdediging betoog is. Die bekentenisse volg nadat sy van regsverteenwoordiger verander het. In haar verklaring erken Hughes dat sy die kind verdrink het ná ’n emosioneel belaaide rusie met die kind se pa oor sy beweerde ontrouheid. Sy het verder aangevoer dat sy destyds aan ‘n grenslyn-persoonlikheidsversteuring gely het, maar het volgehou dat sy ten volle bewus was van haar optrede. Sy het ook verwys na verskeie onsuksesvolle selfmoordpogings ná die voorval.

Hughes, wat ook op aanklagte van verkragting teregstaan, het die bewerings ontken en gesê sy dra geen kennis daarvan nie.

Die saak is vir slotbetoë oor die erkennings tot 7 Augustus uitgestel. Hughes bly in aanhouding.

Lees ook meer hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief