Lees ook: Donald Trump belowe om nog van Jeffrey Epstein se lyste vry te stel as hy president word
‘n Voormalige model het beweer Donald Trump het op ‘n seksuele manier aan haar gevat na Jeffrey Epstein hulle aan mekaar voorgestel het.
Stacey Williams (56) het gesê Epstein het voorgestel hulle moet Trump in 1993 besoek. Williams het gesê toe hulle daar aankom, het Trump aan haar borste, boude en middelyf geraak terwyl hy en Epstein glo vir mekaar geglimlag het.
Sy het die storie tydens ‘n oproep met Survivors for Kamala, ‘n groep mense wat seksuele mishandeling oorleef het en Kamala Harris ondersteun, gedeel.
Beamptes van die Trump-veldtog het gesê die storie is vals en is deur Kamala Harris se span uitgedink.
Bronne: The Independent, Business Today, The Telegraph
Lees ook: Donald Trump belowe om nog van Jeffrey Epstein se lyste vry te stel as hy president word