KWAZULU-NATAL. – Vyf persone is beseer, van wie een kritiek, toe ‘n vragmotor Donderdagmiddag ná 15:00 op die M4 in ‘n suidelike rigting voor Edwin Swales, suid van Durban, beheer verloor en in vyf ligte motorvoertuie vasgery het.
Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê in ‘n verklaring onmiddellike bykomende ambulansdienste en gevorderde lewensondersteuning is ontbied. ‘n Kritiek beseerde persoon is op die toneel op ’n ventilator geplaas en na die Ahmed Al-Kadi- privaat hospitaal gehaas, terwyl die ander beseerdes na verskeie hospitale in Durban vervoer is. Die vragmotorbestuurder is ongedeerd.
Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend en word deur die polisie en metropolisie ondersoek.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





