GAUTENG. – ‘n Vragmotor het Sondagoggend op die N1, ongeveer 80 m van die Stormvoël-afrit, by die tolhek in ‘n huis ingeploeg. Opruiming daarna het meer as agt uur geneem.
Volgens Live Traffic was verskeie nooddienste net na 04:00 reeds op die toneel. Die huisbewoners, wat geslaap het, het óf ongeskonde óf met geringe beserings aan die ongeluk ontkom.
Toe nooddienste op die toneel aankom, was die vragmotorbestuurder skoonveld.
Die polisie was op die toneel teenwoordig en stel ondersoek in.

Foto: Dean Slater





