Vragmotor slaan om en val van brug af – pad gesluit

Lees ook :

Foto's: Dean Slater

MPUMALANGA. – ‘n Vramotor het omstreeks 10:00 vanoggend (Donderdag) op die N4-ompad naby die Krokodilrivier omgeslaan en van ‘n brug afgeval.

Aangesien die pad tans gesluit is, word motoriste aangeraai om die R104 via Mbombela te gebruik.

Moeti Mmusi, die woordvoerder vir die departement van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling in die provinsie, sê twee insittendes is in ’n kritieke toestand na ‘n hospitaal vervoer.

Nooddienste is tans op die toneel waar daar met ‘n herwinningsproses van die vragmotor besig is. Die verkeer word na die R104 herlei.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief