Vrou noodlottig gewond, man skiet homself

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man in Belvedere, Tongaat, is Woensdagaand kritiek tydens ‘n skietvoorval gewond, terwyl sy vrou oorlede is. Die man het later aan sy wonde beswyk.

Kelsey-Jae Meyrick, woordvoerder van IPSS Medical Rescue, sê rapportering van ‘n skietvoorval in Saunder-singel, Belvedere ontvang.

Met aankoms op die toneel is vasgestel die man het eers die vrou geskiet en daarna homself. Die vrou is op die toneel dood verklaar, maar die man, wat kritiek beseer is, is vir verdere mediese behandeling na ‘n mediese fasiliteit vervoer.

Die toneel is vir ondersoek aan die polisie oorhandig.

Kol. Robert Netshiunda sê die polisie het na die skietvoorval ‘n moord- en geregtelike doodsondersoek geregistreer.

Netshiunda sê die polisie het ‘n vrou met verskeie skietwonde in ‘n plas bloed gevind en dood verklaar. ‘n Man het met ‘n skietwond aan sy kop op die vloer gelê. Hy is na ‘n hospitaal gehaas, maar het later aan sy besering gesterf.

Die motief vir die skietvoorval is tans onbekend, maar Netshiunda sê huishoudelike geweld kan nie uitgesluit word nie.

Volgens Rusa het ‘n kind (10) die voorval aanskou waar die vrou in die oprit by die huis geskiet is. Na bewering het die man opgedaag om die kind op te laai toe ‘n argument glo ontstaan en die skietvoorval plaasgevind het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief