Vrou se lewelose liggaam in huis aangetref

Lees ook :

Foto: Johan van Rensburg Facebook

OOS-KAAP. – Vanessa van Rensburg (36) se lewelose liggaam is Sondagoggend deur haar kêrel in sy vakansiehuis in Oesterbaai aangetref.

Kapt. Marius McCarthy sê speurders van St Francisbaai doen ’n beroep op die gemeenskap om te help met die ondersoek na die moord wat omstreeks 01:45 plaasgevind het.

St. Francisbaai-polisie het op ‘n klagte reageer en met aankoms op die toneel die oorledene se liggaam op die vloer in die sitkamer van die vakansiehuis aangetref. Sy het kneusplekke aan haar liggaam gehad en is op die toneel dood verklaar. ‘n Moordsaak word ondersoek.

McCarthy sê volgens beweringe het die slagoffer en haar kêrel vroeër die aand vriende vir ’n braai besoek. Van Rensburg is glo alleen terug na die vakansiehuis. Haar kêrel het later by die huis aangekom en haar liggaam aangetref.

Enigiemand met relevante inligting kan speur. AO Kato by 071 475 1831 bel.

Johan van Rensburg het die volgende op sosiale media gedeel:

It is with profound sadness that we share the passing of our beloved Vanessa. A cherished daughter, sister, mother, and friend, her radiant smile and unwavering positivity touched countless lives. Her light will continue to shine in our hearts forever. Details regarding funeral arrangements will be shared soon. Thank you for your love and support during this difficult time.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief