KWAZULU-NATAL. – ‘n Vrou het Vrydagaand in ‘n ongeluk by die R102-en-Palmview-verkeersligte gesterf.
Volgens Reaction Unit South Africa, wat omstreeks 22:30 op die toneel was, met nooddienste reeds teenwoordig, was ‘n rooi VW Golf en ‘n silwerkleurige Toyota Fortuner in ‘n ongeluk betrokke. Na bewering het die Fortuner vanaf Ottawa in Phoenix ingedraai en die VW het van die teenoorgestelde rigting gery toe hulle by die interseksie teen mekaar gebots het.
Paramedici van privaat instansies en brandbestryders het insittendes wat in die VW vasgekeer was met reddingskake losgesny. ‘n Vrou in die voertuig is op die toneel dood verklaar.
Drie insittendes van die Fortuner is vir beserings behandel.





