Vrou vandag in hof na Kelly se blyplek op Middelpos uitbrand

Lees ook :

Foto's: Justice for Rev. June Dolley Major and for All Victims/Survivors of Abuse - Facebook

WES-KAAP. – ‘n Vrou sal vandag in die hof voorkom nadat Kelly Smith, ma van die vermiste Joshlin Smith, se plakkershut in die Middelpos- informele nedersetting op Saldanha Vrydagaand totaal deur ‘n brand vernietig is. Smith is Vrydag aan ontvoering en mensehandel skuldig bevind. ‘n 27-jarige vrou het haarself ná die brand aan die polisie oorhandig.

Lt.kol. Malcolm Pojie sê aan Nuusflits die plaaslike brandweer is omstreeks 19:45 na die brand uitgeroep. Die vrou wat haarself aan die polisie oorgegee het, is in hegtenis geneem en sy is vir ondervraging aangehou. Sy sal vandag in die Vredenburg-landdroshof voorkom.

‘n Saak van brandstigting word deur Saldahabaai-polisie ondersoek.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief