KWAZULU-NATAL. – ‘n Vrou se gedeeltelike naakte liggaam is Dinsdagaand op ‘n plaas in Canelands gevind.
Reaction Unit South Africa het ‘n oproep vir hulp van die plaaseienaar ontvang. Hy het glo terwyl hy op die plaas gepatrolleer het, bene onder ‘n bos sien uitsteek.
Reaksiebeamptes was omstreeks 22:20 op die toneel en het die liggaam van ‘n vrou, met beide hande vasgebind, aangetref. Die vrou, wat nog nie uitgeken is nie, het ‘n kort nagrok aangehad en het ‘n kleurvolle pruik/haarverlengings. Haar liggaam was gedeeltelik in komberse toegemaak. Volgens Rusa is die vrou verkrag.
Reaksiebeamptes kon sigbare liggaamlike beserings sien.

Foto: Reaction Unit South Africa

