Lees ook: Beurtkrag opgeskort
OOS-LONDEN. – Vyf verdagtes is in hegtenis geneem na hulle glo ’n vrou in Mdantsane beroof het.
Vier van die verdagtes is in Gatelystraat in Southernwood gekry waar hulle weggekruip het. Die vrou het hulle identifiseer en haar gesteelde items uitgewys.
Die ander verdagte, ’n buitelandse man, het die ander verdagtes gekontak om hulle te laat weet hy “gaan nog iPhones bymekaarmaak”. ’n Lokval is deur die polisie gestel. Hy is met sy aankoms deursoek en in besit van nog gesteelde eiendom gevind.
Die verdagtes, drie mans en twee vrouens, sal op 3 Februarie in die Oos-Londense landdroshof voorkom.
Altesaam 15 selfone, vier handsakke, klere, twee skootrekenaars en ’n VW Polo is in die verdagtes se besit gevind.
Bronne: SAPD
Lees ook: Beurtkrag opgeskort





