Vyf vermeende transitorowers doodgeskiet

Lees ook :

Foto: SAPD

MPUMALANGA. – Vyf beweerde transitorowers is Woensdagoggend tydens ‘n skietery met die polisie en privaat veiligheidsdienste in Tasbet Park in Witbank (Emalahleni) doodgeskiet. Nog agt verdagtes is in hegtenis geneem, terwyl ongeveer nege kon vlug.

Lt.kol. Mavela Masondo sê inligting van vermeende transitorowers wat onderweg is na Mpumalanga is ontvang, maar terselfdertyd is inligting van ‘n poging tot ‘n transitoroof ook ontvang.

Die verdagtes is na ‘n veiligheidshuis gevolg. Terwyl die huis genader is, het die verdagtes in ‘n Toyota Quantum die polisie raakgesien en begin skiet. Die polisielede en veiligheidsdiente het teruggeskiet. Al vyf die verdagtes is op die toneel dood verklaar.

Drie AK 47-gewere, een AR 15, een R5, twee pistole en vier voertuie is op die toneel teruggevind.

Masondo sê die verdagtes sal onder meer vir moord, poging tot moord, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en annmunisie sowel as transitoroof-verwante misdade aangekla word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief