Waterveiligheid

Lees ook :

Of jy nou in die see, ’n kanaal, dam of swembad swem – hierdie is iets waarvan almal bewus moet wees.

Waterveiligheid is nie net vir kinders nie, maar ook vir volwassenes. Clive Burger, ’n sweminstrukteur van Jacobsdal, sê baie volwassenes daag by haar vir swemlesse op. Dit is belangrik om te weet en te erken dat jy nie kan swem nie.

Vir kinders

Gedurende die vakansie ontspan mens en is jy nie so paraat soos altyd nie. Kinders swem gedurig en die toesig is soms nie baie streng nie. Wees ten alle tye bewus van jou kinders in die swembad en moenie jou oog van hulle afhaal nie. Dit is belangrik dat kinders waterveiligheid geleer word soos om te kan swem en te kan dryf as hulle inval. Vlerkies en pool noodles is baie handige hulpmiddels wanneer dit by veiligheid kom. Clive stel voor om swemtye op te stel wanneer jou kinders mag swem. In daardie tyd is dit belangrik om by hulle te sit en hulle fyn dop te hou.

Volwassenes

Dit is belangrik om die vrymoedigheid te hê om swemlesse te neem wanneer jy nie kan swem nie. Maak gebruik van ’n pool noodle of ’n reddingsbaadjie (life jacket) wanneer jy onseker is of jy goed kan swem.

Wees veilig by die see en rivier

Probeer altyd om ’n reddingsbaadjie te dra wanneer daar boot gery word. Moenie induik by plekke waar jy onseker oor die diepte van die water is nie. Indien jy vasgevang word in ’n seestroom, lê op jou rug en moenie teen die stroom probeer swem nie. Die stroom sal jou weer iewers met ’n brander uitstoot. Clive sê dat selfs sterk swemmers na ’n rukkie moeg raak en dan later nie meer as gevolg van moegheid kan bo bly nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief