KWAZULU-NATAL. – ‘n Huis het Sondagaand in Trenance Park in Phoenix aan die brand geraak toe dit tydens ‘n donderstorm deur ‘n weerligstraal getref is.
KZN VIP Protection Services sê bekommerde bure het ‘n harde klapgeluid gehoor, wat deur ‘n elektrisiteitsonderbreking gevolg is. Lede van die gemeenskap het probeer help terwyl daar vir nooddienste gewag is.
“Met aankoms is groot vlamme opgemerk wat groot skade aan die huis veroorsaak het. Die brandweer was vinnig daar en kon die brand blus. Die toneel is vir die veiligheid van die publiek afkordon.”
‘n Vrou is op die toneel vir rookinaseming en ‘n angsaanval behandel.
“Die gesin was ongedeerd.”






