Brekende Nuus
Afrikaans

Wees op die uitkyk vir ‘n leeu in Oakdene

Die DBV sê hulle het verskeie oproepe in dié verband ontvang, maar het ten spyte van soektogte nog nie 'n leeu opgespoor nie.

Leeu
Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Inspekteurs van die Johannesburg-DBV is op die uitkyk vir ‘n leeu wat na bewering gisteroggend in Oakdene en later die middag naby The Glen-inkopiesentrum gewaar is.

Die DBV sê hulle het verskeie oproepe in dié verband ontvang, maar het ten spyte van soektogte nog nie ‘n leeu opgespoor nie.

Hulle maan die publiek om indien hulle die leeu gewaar nie die dier te nader nie, maar die inspekteur aan diens by 083 604 1172 te bel.

“We are not sure if it is true or not but we are not taking chances -in SA anything is possible!!”