Weldoener red beseerde blou-aap van honde

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Beseerde blou-aap is Maandag deur ‘n weldoener in Belvedere gered toe dit boonop deur honde aangeval is.

Reaction Unit South Africa sê die operasionele sentrum het ‘n oproep vir hulp van ‘n persoon gekry wat die apie se traumatiese ondervindinge aanskou het. Die weldoener het aan reaksiebeamptes vertel die apie is deur ‘n blou Renault raakgekry, waarna dit deur honde, beskryf as pitbulls, aangeval is.

Rusa sê die weldoener kon die aanval stop, waarna die honde gevlug het.

Die apie is na die Rusa-hoofkwartier geneem en aan vrywilligers van Monkey Helpline oorhandig.

Foto: Reaction Unit South Africa

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief