FLORIDA, VSA. – Hulk Hogan, oftewel Terry Bollea, het vandag (Donderdag) in die ouderdom van 71 in Clearwater gesterf.
Nooddienste is vir ‘n noodoproep oor ‘n persoon met hartstilstand na Bollea se huis ontbied. Hy is na Morton Plant-hospitaal geneem, waar hy dood verklaar is.
Afgesien van roem, het omstredenheid hom nie gespaar nie. In 2015 is Bollea op band betrap waar hy rassistiese opmerkings maak, wat sy nalatenskap geskaad het. Hy was ook betrokke by ’n hoogs gepubliseerde hofsaak teen Gawker, wat tot die nuuswebwerf se bankrotskap gelei het. Die nuuswebwerf het sonder sy toestemming ‘n seksvideo gepubliseer.
World Wrestling Entertainment (WWE) het die nuus bekendgemaak: “WWE is saddened to learn legendary WWE Hall of Famer Hulk Hogan has passed away. One of pop culture’s most recognizable figures, Hogan helped WWE achieve global recognition in the 1980s. WWE extends its condolences to Hogan’s family, friends, and fans.”
Bronne: WWE, TMZ en CNN





