Werksgeleentheid: Koste Rekenmeester

Lees ook :

BARKLY-WES. – Wildeklawer is Afrika se grootste uieprodusent en ’n primêre verskaffer van aartappels, wortels en beet aan plaaslike markte. Die besigheid het sy hoofkantoor te Barkly-Wes (naby Kimberley), met werksaamhede wat oor drie produksie-eenhede verspreid is. Deur innoverende boerdery-ontwerpe en presisieboerderytegnologie te benut, het Wildeklawer homself gevestig as ‘n pionier in die varsproduktebedryf in Afrika.

Wildeklawer bly diep gewortel in die plaaslike gemeenskap en speel ’n aktiewe rol in opheffing deur jeugsport-inisiatiewe. Wildeklawer bied langtermyn-loopbaangeleenthede aan talentvolle spanspelers wat optimalisering geniet. 

Weens uitbreiding is Wildeklawer op soek na die volgende rolspeler om by ons dinamiese span aan te sluit.

Werksgeleentheid: Koste Rekenmeester

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelikheid neem vir:

  • Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelikheid neem vir:
  • Administratiewe en rekeningkundige funksies.
  • Die verwerking van inligting en voorbereiding van verslae m.b.t. voorraad- en batebestuur.
  • Die verwerking van onderhoudskoste-inligting op bates.
  • Die voorbereiding van maandelikse bestuursverslae m.b.t. winssentrums.  

Die geskikte kandidaat moet beskik oor:

  • ’n Toepaslike tersiêre kwalifikasie, met voltooide klerkskap wat as sterk aanbeveling sal dien.
  • 3 tot 5 jaar relevante ervaring.
  • Uitstekende rekenaarvaardighede (Excel) – moet werklik bogemiddeld wees.
  • Ondervinding van BI en analitiese sagteware sal as sterk aanbeveling dien.

E-pos CV aan: hr@wildeklawer.com. Navrae: Theresa Lategan by 053 531 9725. Sluitingsdatum: 29 Maart 2024

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App