SUID-AFRIKA. – Willie le Roux, die Springbok-rugbyspan se heelagter, het Saterdag 10 Februarie 2024 met Holly Clare Nichol getrou. Sy het aanhangers met ’n paar foto’s op haar Instagram-blad bederf.
Holly Clare het die foto’s saam met die woorde “Mr & Mrs Le Roux” gedeel. Alhoewel dit nie bekend is waar hulle getrou het nie, het sy fotokrediet aan Riesography gegee.
Die paartjie het in 2019 ontmoet en in Junie 2023 verloof geraak. Siya Kolisi se vrou, Rachel, was van die eerstes wat die paartjie gelukgewens het. RG Snyman en Franco Mostert se vrouens sowel as Jesse Kriel se meisie het ook hulle gelukwensing in die kommentaarafdeling van die plasing oorgedra.
‘n Skermgreep van die oorspronklike Instagram-plasing:

Bronne: Holly Clare le Roux – Instagram-bladsy, The Citizen





