Witseerkeel het sedert 23 Maart met 40 gevalle, waarvan 19 simptomaties en 21 asimptomaties is, toegeneem. Die gevalle, wat draers van die siekte is, is deur kontakopsporing geïdentifiseer.
Vuyo Sabani, woordvoerder vir die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS), raai die publiek aan om kinders se inentingstatus te hersien. Die aanmeldings sluit 15 in die Wes-Kaap, 2 in Gauteng, 3 in Mpumalanga en ‘n waarskynlike geval in Limpopo in. Die Limpopo-geval is nie deur ‘n laboratorium bevestig nie, maar die simptome stem met respiratoriese witseerkeel ooreen.
Witseerkeel kan deur inenting voorkom word met dosisse op 6, 10 en 14 weke, asook ‘n opvolginenting (booster) op 18 maande, 6 jaar en 12 jaar. Die aansteeklike siekte se simptome sluit ‘n seer keel, koors en geswelde kliere in. Nege persone het sedert die begin van 2024 weens die siekte gesterf.
Lees die volledige verklaring van NIOS hier: https://www.nicd.ac.za/increase-in-cases-of-respiratory…/.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





