Lees ook: Mensejag geloods na man vermoor en vrou ontvoer en verkrag is
The Wall Street Journal het ‘n berig geplaas waarin Elon Musk daarvan beskuldig word dat hy “ongewone aandag” aan verskeie vroulike werknemers gegee het.
Een vrou het beweer Musk het haar gevra om sy kinders te hê.
Onderhoude is met meer as 48 persone, insluitend die vrouens se vriende, familielede en voormalige werkers, gevoer. Die berig beweer Musk het dit ongemaklik gemaak vir vrouens om by SpaceX en Tesla te werk.
Musk is al voorheen daarvan beskuldig dat hy ‘n seksistiese werksomgewing skep met vrouens wat minder betaal word en grappe oor seksuele teistering wat aan die orde van die dag is.
Musk se maatskappye het die aantygings ontken en gesê die berig is misleidend.
Bronne: The Independent, Business Standard, The Verge
Lees ook: Mensejag geloods na man vermoor en vrou ontvoer en verkrag is





