Brekende Nuus
Nuus

18-jarige in hegtenis ná dwelmvonds van meer as R8 m.

Foto's: SAPD

KWAZULU-NATAL. – Die polisie het ’n 18-jarige in Marine-rylaan in Margate in hegtenis geneem nadat hulle tydens ’n deursoeking op dwelms met ’n geraamde straatwaarde van meer as R8 miljoen beslag gelê het.

Sers. Thenjiswa Ngcobo, polisiewoordvoerder, sê beamptes van misdaadintelligensie het ’n huis dopgehou nadat die polisie inligting oor vermoedelike dwelmhandel in die gebied ontvang het. Tydens die daaropvolgende deursoeking het beamptes op die dwelms en ’n onbekende bedrag geld beslag gelê.

Die tiener sou Dinsdag 17 November in die Port Shepstone-landdroshof verskyn op aanklagte van dwelmbesit en dwelmhandel.