Brekende Nuus
Nuus

Man probeer glo gesteelde selfoon aan polisie verkoop

Foto: Ter illustrasie

VRYSTAAT. – Die polisie het op 12 November ’n man in Sasolburg in hegtenis geneem nadat hy na bewering ’n vermoedelik gesteelde Samsung-selfoon ter waarde van sowat R3 500 aan polisiebeamptes probeer verkoop het.

Konst. Kelello Patsa, polisiewoordvoerder, sê die man het lede van die Fezile Dabi-triospan tussen Atmosphere en die Engen-vulstasie genader, blykbaar onbewus daarvan dat hulle polisiebeamptes was. Hy het glo probeer weghardloop toe die beamptes hom vra waar hy die selfoon gekry het. Hulle het hom agternagesit en vasgetrek. Op die selfoon het hulle foto’s gevind van mense wat die man gesê het hy ken nie.

Die polisie ondersoek ’n saak van besit van vermoedelik gesteelde eiendom.