Brekende Nuus
Nuus

Man ernstig beseer toe pitbulls hom in Westville byt

Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – ’n Man, vermoedelik in sy vyftigs, is ernstig beseer toe pitbulls hom kort ná 07:00 in Koningkramerweg in Westville gebyt het.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê verskeie veiligheidsbeamptes was reeds aanwesig toe paramedici op die toneel opdaag. Die man het ernstige beserings oor sy hele liggaam opgedoen. Paramedici het hom op die toneel gestabiliseer en na ’n nabygeleë hospitaal geneem. Die omstandighede wat tot die voorval gelei het, is onbekend.

Die Westville-polisie was op die toneel en sal die voorval ondersoek.