208 flaminke terug in Kimberley

Lees ook :

Die eerste groep flaminke, 130 van Pretoria en 78 van Durban, is terug in Kimberley.

Hulle word afsonderlik by Kamfersdam in kwarantyn aangehou, voordat hulle tussen die res van die kolonie vrygelaat word.

Ann Kunz, woordvoerder van uShaka Marine World, sê: “Ons is gelukkig om 78 gesonde en selfvoerende flaminke huis toe te kon stuur. Hulle is in spesiale behandelde bokse geplaas en het met ’n privaatvliegtuig vanaf Virginialughawe gevlieg.”

Voorts sê sy: “Die 38 oorblywende flaminke word na die nasionale dieretuin gebring. Hulle sal hier versorg word totdat hulle reg is om in die volgende paar maande vrygelaat te word. Die flaminke sal dan na Kimberley gebring word.”

“Dit was ’n baie emosionele affêre om hulle reispermitte te sien. Die personeel en vrywilligers het 12 ure ’n dag vir nege weke na die flaminke omgesien,” vertel Kunz

Die 130 flaminke van Pretoria is ’n gesamentlike groep wat by verskeie sentrums versorg is. Mike Bolhuis, sê: “Die was ’n wonderlike maar komplekse twee en ‘n halwe maande.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief