Doen jou hond of kat dit? Vat hom dadelik veearts toe!

Lees ook :

Vir sommige diereliefhebbers mag dié gedrag by hulle vierpootdiere dalk snaaks wees, maar dit is geen grap nie!

Die eerste teken van siekte by diere is abnormale gedrag. Lusteloosheid, swakheid, of persoonlikheidsveranderinge kan dui iets is verkeerd voor ander simptome begin toon.

Een van die tekens van hierdie abnormale gedrag is “kop druk” of head pressing. Dit verwys na ‘n aangetaste dier wat in ‘n hoek, teen ‘n muur of voorwerpe gaan staan en sy kop laat hang en fisies daarteen druk, sonder om te beweeg.

Volgens ‘n veearts in Kimberley kan dit daarop dui dat iets verkeerd is met die senuweestelsel. Dit kan ‘n spesifieke senuweestelsel-siekte, of ‘n bestaande toestand wees, wat gevorder het tot neurologiese betrokkenheid (versteuring). Dit kan ook veroorsaak word deur die inneem van verkeerde gifstowwe.

Hierdie toestand is in troeteldiere soos honde en katte, en ook ander diere soos koeie, perde, en bokke gesien.

Kop-druk is nie ‘n toestand wat vanself regkom nie en dis noodsaaklik dat jy jou dier na ‘n veearts neem.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief