SUID-AFRIKA. – Is jy lus vir Krismiskoek? Wanneer mens dink aan die feesseisoen, dink jy altyd aan die vrugtekoeke in die winkels. Wanneer die vrugtekoeke uitgepak word, weet ons dit is amper Kerstyd.
Hier is ’n maklike vrugtekoekresep wat nie kan flop nie.
Vrugte + Vloeistof + Bruismeel = Vrugtekoek
Bestanddele vir Krismiskoek
- 1 kg vrugtekoekmengsel + 1 boksie kersies
- 575 ml rooibostee + 125 ml brandewyn opsioneel (vloeistof moet 700 ml wees)
- 2 koppies bruismeel
Metode
- Laat die vrugte oornag in die vloeistof week.
- Voeg die meel en ‘n knippie sout by die vrugte.
- Roer alles goed deur.
- Voer jou koekpannetjie met bakpapier en spuit met Spray and Cook.
- Skep die mengsel in jou pannetjie.
- Bak op 140ºC vir twee ure. Toets of dit deurgaar is, anders los dit nog bietjie in jou oond.
- As die koek te donker raak, sit ‘n stuk tinfoelie oor.
- As dit gaar is, haal die koek uit jou pannetjie en besprinkel met brandewyn.
- Maak toe met tinfoelie en besprinkel gereeld met brandewyn.
Vir ekstra geur
– Sny groenvye by jou vrugtemengsel.
– Sit gekapte neute of gesnyde dadels by.
– Geur met speserye soos kaneel, gemmer en neutmuskaat.
– In plaas van tee kan jy sjokolademelk, koffie of vrugtesap gebruik.
Bron: Marinda Kook
Marinda het tans twee resepteboeke, Marinda se Koskas en Marinda se Kinderkombuis met Sjef Sout en Prof. Pretzel, beskikbaar.
Volg FiND iT op Facebook hier en kry meer resepte in Afrikaans hier.





