95-jarige inspirasie

Lees ook :

’n Leser het gevoel dat hierdie tannie baie spesiaal is en ‘n groot inspirasie is vir haar en soveel ander mense rondom haar. Die tannie is mevrou Leonie Shone, inwoner in die Protea-gang by Acaciapark aftree-oord.

Dank die Vader

“Sy het ’n vaste roetine van dinge wat sy op verskillende tye doen, onder andere Soduko, Bingo, Scrabble en ‘n sak letters waarvan sy op sekere tye ‘n handvol uithaal en woorde bou. Sy hou nie daarmee op voordat elke letter gebruik is nie. Sy sê sy dank die Vader dat sy sewe jaar gelede haar heup beseer het en as gevolg daarvan die gawe mense in die versorgingsafdeling leer ken het,” vertel Julia Pretorius, wat onlangs vir die tannie gaan kuier het.

Klaar besluit

“Mev. Shone is eintlik Engelssprekend, maar praat vlot Afrikaans. Oor aspekte wat gewoonlik vir ouerwordende persone moeilike kwessies is, het sy vooraf besluit, voordat dit onvermydelik was. Kwessies soos wanneer om op te hou motor bestuur, haar “jong” uitkyk op die lewe en deelname aan aktiwiteite, die gebruik van ‘n loopraam, om net ‘n paar te noem.”

“Ek sou graag só wou oudword, maar dan sal ek nou al moet begin oefen daaraan,” sê Pretorius.

Geheim vir jonk bly

FiND iT was bevoorreg genoeg om die flambojante tannie in lewende lywe te ontmoet en wat ’n inspirasie is sy nie! Op die vraag: “Hoe bly jy so jonk van gees?” was haar antwoord baie eenvoudig… “’n Glasie Robertsons droë rooiwyn elke aand.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief